Memuat
WP
author
Willem H. Pretorius
Willem Hendrik Pretorius is op 15 Augustus 1945 in Pretoria gebore. Hy het in Pretoria, Nylstroom, Potchefstroom en Lydenburg skoolgegaan. Op amper sestien by die SA Lugmag aangesluit het hy `n vie...lihat lebih banyakWillem Hendrik Pretorius is op 15 Augustus 1945 in Pretoria gebore. Hy het in Pretoria, Nylstroom, Potchefstroom en Lydenburg skoolgegaan. Op amper sestien by die SA Lugmag aangesluit het hy `n vier jaar kurses in Lugfotografie voltooi. Hy het ook gedurende hierdie tydperk sy Nasionale Senior Sertifikaat geslaag en later deur UNISA gewerk in die rigting van `n BA graad in Kommunikasiekunde en Sielkunde. Na die Lugmag was hy ateljee, persfotograaf, vryskut joernalis en het ook baie ander beroepe beklee. As buitevervaardiger vir die SAUK TV, het hy oorklanking en joernaal programme vervaardig. Hy het met die rang van Majoor uitgetree as Hooffotograaf van Leer HK (KOM OPS). In 1964 is hy getroud met Petro Fourie van Lydenburg. Hulle het vier kinders, nege kleinkinders en woon in Nylstroom.
Hierdie boek met kostelike staaltjies uit Willem se kinderdae is deurspek met lief en leed. Dit was die fondasie waarop hy gebou het. Dit het hom geleer dat jy altyd maar moet probeer en weer probeer. Soos toe hy amper in die Apies versuip het, soos Winston Churchill. Toe het hy geleer dat jy in hierdie lewe moet kan swem om kop bo water te hou, maar dat die Hoërhand jou sal gryp en uithelp as die nood te hoog is. Kenmerkend van Willem se vertellings is dat hy vir homself kan lag. Nou gee hy ons die geleentheid om saam met hom te lag. Sonder sy vermoë om die humor in elke gebeurtenis te sien, het hy lankal in die rivier van die lewe versuip!
Prieur du Plessis (skrywer van “Jabo” en ander titels)lihat lebih sedikit
Willem H. Pretorius belum memiliki judul tersedia.