Neels Jackson het naam gemaak as ’n ingeligte, verantwoordelike en kundige verslaggewer oor godsdienssake. Hy het goeie betrekkinge met ’n groot aantal teoloë en met kerkleiers uit...lihat lebih banyakNeels Jackson het naam gemaak as ’n ingeligte, verantwoordelike en kundige verslaggewer oor godsdienssake. Hy het goeie betrekkinge met ’n groot aantal teoloë en met kerkleiers uit verskillende denominasies. Hy was sedert 1990 die kerkverslaggewer vir die Beeld, die Pretorianer en ander Media24 blaaie. Neels is o.m. uitgenooi na sinodesittings van die NG Kerk, die NG Kerk in Afrika, die destydse NG Sendingkerk, die Verenigende Gereformeerde Kerk, die Metodiste Kerk en die Anglikaanse Kerk. Hy is pas aangestel as redakteur van die Kerkbode. Hy woon saam my sy vrou en twee dogters in Pretoria.lihat lebih sedikit