Engela van Rooyen is op 11 Augustus 1939 gebore op Kakamas. Sy studeer op Stellenbosch vir ’n B.A.-graad en onderwysdiploma. In later jare het sy B.A. Honneurs en ’n M.A. aan die P...lihat lebih banyakEngela van Rooyen is op 11 Augustus 1939 gebore op Kakamas. Sy studeer op Stellenbosch vir ’n B.A.-graad en onderwysdiploma. In later jare het sy B.A. Honneurs en ’n M.A. aan die Potchefstroomse Universiteit verwerf. Sy is ’n veelsydige skrywer wat vir volwassenes sowel as kinders skryf, van humoristiese verhale tot historiese romans, van liefdesverhale tot multikulturele kinderboeke. Engela se roman In die oog van die web was in 1990 een van die finaliste in De Kat, Sanlam en Antenne se romanwedstryd. Haar outobiografiese vertelling Met ’n eie siekspens was in 1995 op die kortlys vir die CNA-prys. Haar roman, Vuur op die horison, wat hoofsaaklik oor die Anglo-Boereoorlog gaan, was op die kortlys vir die M-Net-prys. ’n Hele paar van haar jeugboeke is ook vir skole voorgeskryf.lihat lebih sedikit