Errieda du Toit is 'n bekende in koskringe en een van die meesterbreine agter Kokkedoor. Errieda was van die begin af deel van die program, en het die verfilming van die reeks in P...lihat lebih banyakErrieda du Toit is 'n bekende in koskringe en een van die meesterbreine agter Kokkedoor. Errieda was van die begin af deel van die program, en het die verfilming van die reeks in Prins Albert meegemaak. Saam met die drie gewilde beoordelaars en onder leiding van Human & Rousseau, het Errieda die resepte gekies en aangepas vir die tuiskombuis. Sy het die fyn oog en geoefende oordeel van 'n koskenner en weet wat vereis word van 'n groot kokkedoor!
Errieda is 'n gesoute kosmens met 'n passie vir onthoukos. Sy het kooktegnieke – van die basiese tot die gevorderde – bemeester en meng tradisie met hope kreatiwiteit om nostalgiese resepte vir die toekoms te herskep. Haar vorige boeke sluit in die gewilde Huiskok glanskok en MasterChef South Africa: The Cookbook.lihat lebih sedikit