Freda Linde is in Swellendam gebore en het grootgeword op hulle familieplaas tussen Bonnievale en Swellendam. Daar het 32 boeke van haar verskyn, waarvan 29 kinder- en jeugboeke is...lihat lebih banyakFreda Linde is in Swellendam gebore en het grootgeword op hulle familieplaas tussen Bonnievale en Swellendam. Daar het 32 boeke van haar verskyn, waarvan 29 kinder- en jeugboeke is. Haar eerste kinderboek, wat in 1959 verskyn het onder die titel Swiera van die Waterkant, word deur dr. Lydia Snyman beskryf as "die eerste kinderboek in Afrikaans met 'n simboolstruktuur". Sy het meer as 150 kinderboeke van buitelandse skrywers, hoofsaaklik prenteboeke, in Afrikaans vertaal vir plaaslike uitgewers. Van haar oorspronklike boeke het ook 'n aantal in vertaling verskyn - oorsee sowel as plaaslik.lihat lebih sedikit