AGTERGROND OOR DIE SKRYWER EN DIE BOEREBOEK
Ek is grootgemaak as ʼn volbloed Afrikaner, met ʼn opregte volksgevoel toe ek in 1983 deur ʼn voormalige (nou oorlede) kollega dr. Piet Cloete gekonfronte...lihat lebih banyakAGTERGROND OOR DIE SKRYWER EN DIE BOEREBOEK
Ek is grootgemaak as ʼn volbloed Afrikaner, met ʼn opregte volksgevoel toe ek in 1983 deur ʼn voormalige (nou oorlede) kollega dr. Piet Cloete gekonfronteer is oor my identiteit. Hy het gesê dat hy ʼn Boer is en nie ʼn Afrikaner nie.
Dit het my aan die dink gesit en het gelei tot navorsing oor die onderwerp. Hierdie navorsing het amper veertig jaar geduur en gelei tot die verwerwing van ʼn Honneurs graad onder Alida Kok by Unisa en ʼn MA in politieke wetenskap, onder Prof Andre Duvenhage by NWU. By albei grade, was die totstandkoming van die Boer en Afrikaner, asook die interaksie tussen die groeperinge, die onderwerp van die studies.
Terwyl ek in aanhouding vir die Boeremagsaak was, het ek vir ongeveer vyf jaar ʼn sel met my seun dr. Johan Pretorius gedeel. Ons het soggens toegang tot ʼn rekenaar, in ʼn rekenaarsentrum gehad. Ek het dan in die oggende aan die BOEREBOEK se inhoud gewerk en dit op ʼn e-leser geplaas. Saans het ek dit aan Johan voorgelees en die inhoud bespreek. Die wysigings is op papier neergeskryf en die volgende oggend op die brondokument verander.
Die boek is die laaste twee jaar verfyn en deur dr. Mike Du Toit, Mev. Judi Swanepoel en dr Johan Pretorius taalversorg. Johan het terselfdertyd die laaste belangrike insette gelewer.
Die inhoud van die BOEREBOEK is onontbeerlik vir iemand wat ʼn volksgevoel het en wat strewe na selfstandigheid. Verder spreek dit identiteit (aan watter volk behoort jy) aan.lihat lebih sedikit